Aan die begin van jou loopbaan

In haar vier jaar as student het Sandra Viviers hard gewerk en baie oor haar vakgebied geleer, maar finansieel was dit sorgvrye jare waar sy nooit self haar kop moes breek om rekeninge te betaal nie. Op die meeste moes sy maar net sorg dat sy maandeliks met haar toelae uitkom en genoeg geld vir kos, klere en toiletware het.

Nou staan Sandra met haar eerste aanstellingskontrak in die hand. Van volgende maand af hou sy skool vir graad vier in die platteland – haar heel eerste voltydse werk en salaris! Sy sien uit na die aansienlik hoër bedrag wat sy nou maandeliks gaan hê om te bestee. Sy kan nou egte koffie bekostig, ’n drankie by ’n restaurant, gereeld fliek, uiteet en om nie te praat van nuwe klere nie.

Waarna sy veral uitsien is om dadelik haar eerste motor aan te skaf en so gou moontlik uit die kos- huis na haar eie woonstel te trek. Daar is immers oorgenoeg geld daarvoor. Of is daar?

Uiteraard sal die gemiddelde salaris van ’n gegra- dueerde jong professionele persoon genoeg wees om ’n gemaklike en selfs effe luukse lewe te lei. Ná haar studentebestaan sal sy soos ’n “ryk” mens kan lewe maar daar is ’n paar wenke wat Sandra se gevoel van rykdom langer sal laat duur.

As jy byvoorbeeld jou geld in ’n beleggingsrekening belê, groei dit teen ’n beter koers as in ’n gewone bankrekening. Boonop skep geld in die bank net versoekings om dit te bestee en spaar jy eindelik dalk niks nie.

Lees die fynskrif

Menige jongmense was al in die knyp omdat hulle net kyk na die groot bedrag op hul werkskontrakte. Dit is die bruto salaris wat aangedui word op die kontrak, nie dit wat jy in jou sak steek aan die einde van die maand nie. Voor Sandra dus die nuwe fi- nansiële fase in haar lewe kan betree moet sy liefs eers seker maak sy verstaan hoeveel van haar salaris bly oor na aftrekkings soos werkloosheid- versekeringsfonds- en siekefondsbydraes, belasting, groepsversekering ens.

Die beste raad is om te vra vir ’n voorlopige salaris- strokie voor jy die aanstellingskontrak onderteken sodat jy seker kan wees oor jou ware inkomste. Soek ook sommer dadelik iemand wat jou kan raad gee oor belasting. So kan jy die meeste voordeel te trek uit die belastingstrukture tot jou beskikking en seker maak jy betaal nie onnodige geld aan Jan Taks nie.

Ware welvaart gaan gepaard met finansiële doelwitte en langtermyn-beplanning.

Ken die verskil tussen lekker leef en welvaartskepping

Daar is die persepsie dat oënskynlike ryk mense finansieel suksesvol is, maar dis nie noodwendig waar nie. Mense wat baie geld verdien, kan dit net so vinnig verkwis. Hulle handhaaf miskien ’n hoë lewensstyl, maar aan die einde van die dag het hulle niks om te wys nie en weet nie waar al hul geld heen is nie. Dit is eenvoudig inkomste wat ’n lekker lewe met al die voordele in stand hou, maar nie noodwendig welvaart nie.

Mense mors tot tien, indien nie twintig persent nie, van hul inkomste deur nie te begroot en finansiële beplanning en doelwitte deel van hul lewe te maak nie.
Wil Sandra hierdie paadjie volg om eendag op ’n “lekker” lewe terug te kyk, maar niks het om die toekoms met haar kinders en ook op haar oudag lekker te maak nie?

Ware welvaart gaan gepaard met finansiële doelwitte en langtermyn-beplanning. Dit is ’n marathon-proses eerder as ’n 100 meter naelloop-oe- fening en vereis geduld en deursettingsvermoë om fondse op te bou. Die prys is nie ’n medalje en roem nie, maar finansiële onafhanklikheid, ook in aftrede – al lê dit in Sandra se geval nog baie, baie vêr in die toekoms.

Kry kundige hulp

Wanneer jy pas begin werk is beleggings dalk die laaste ding waaraan jy dink. Tog is dit noodsaaklik om van meet af ’n gesoute finansiële adviseur te kry. So ontdek jy van jongs af hoe om ware welvaart te skep deur nie net vir vandag te lewe nie.

Wanneer jy die dag geld begin verdien, is die beste tyd om te begin beplan vir die toekoms en te sorg dat jy leer van beleggings, inflasie en hoe belangrik dit is dat die groei van die belegging inflasie klop.

As jy byvoorbeeld jou geld in ’n beleggingsrekening belê, groei dit teen ’n beter koers as in ’n gewone bankrekening. Boonop skep geld in die bank net versoekings om dit te bestee en spaar jy eindelik dalk niks nie.

’n Adviseur kan die verskillende soort beleggings verduidelik en die beste aanbevelings maak wat by jou lewenstyl pas:
Met ’n korttermynbelegging belê jy gewoonlik vir ’n jaar. Die geld is geredelik beskikbaar vir ’n noodgeval, maar as jy dit vir ’n vaste termyn los, verdien jy baie meer rente. Dis ’n goeie plan om ’n bekostigbare maandelikse bedrag met ’n de- bietorder op jou belegging te betaal. Dan weet jy daardie deel van jou salaris is taboe. Wanneer geld in ’n mediumtermynbelegging belê word, praat ons gewoonlik van vyf jaar. Met elke staat wat jy ontvang, kan jy ook die geskatte waarde van die belegging aan die einde van die termyn sien en bepaal of dit steeds genoeg- saam presteer.

Annuïteite is beleggings vir aftrede. ’n Gedeelte daarvan word uitbetaal op die ouderdom van jou keuse – maar nie vroeër as 55 jaar nie. Daarna kry jy elke maand ’n vaste bedrag uit die annuïteit. Dit is belangrik om ’n annuïteit te hê, aan- gesien die meeste pensioenfondse van werkgewers nie voldoende is om ná aftrede jou selfde lewens- standaard te handhaaf nie.

Dit is ook belangrik om lewensversekering uit te neem. Nie net sal dit verseker dat jou finansiële verpligtinge ná jou dood – soos jou huis en motor – gedek word nie, maar maak ook voorsiening indien jy in ’n ongeluk beland of siekte opdoen wat jou ongeskik vir werk maak.
‘n Adviseur sal jou behoeftes bepaal en na aanleiding daarvan aanbevelings doen. Julle kan besluit op die bedrag wat jy kan afstaan aan korttermyn beleggings op items soos meubels of ’n motordeposito, maar ook op langtermyn-beleggings soos annuïteite. Julle sal verder besluite neem oor onder meer jou testament, lewensversekering en ’n moontlike deposito op eiendom.

Wanneer jy weet wat al die opsies is, kan jy ’n lys maak van die adviseur se voorstelle en waarmee jy saamstem. Verbind jouself dan tot jou toekoms- beplanning probeer om so veel as moontlik by jou begroting te hou. Dit maak van jou, die nuweling-salaristrekker, ’n welvaartskepper wat nooit eendag in ander mense se oë sal hoef te kyk vir ’n heenkome nie.

‘n Welvaartskepper is iemand wat vooruit beplan en die verskil ken tussen vae drome wat niks van jou verg nie, teenoor konkrete doelwitte wat vereis dat jy beplan en daarvoor werk om dit te verdien.

Moenie uitstel nie

Die fondasie van welvaartskepping is om bestaan- de kapitaal te beskerm en binne jou perke te lewe. Vir sommiges van ons is dit net té moeilik om nee te sê vir finansiële versoekings wat in die vorm van ’n spogmotor of ’n droomvakansie kom. Of dalk is dit soos vir Sandra, die klein jakkalsies wat jou oes opvreet, soos te veel uiteet- en ander kuieruit- gawes. Maar voor jy ingee, dink aan Einstein wat gesê het, “Saamgestelde rente is die agtste wonder van die wêreld.” Diegene wat dit verstaan, verdien dit, dié wat nie verstaan nie, betaal dit.

HIER IS SANDRA SE OPSIES:

Begin vroeg – Sy kies om tussen die ouderdom van 25 en 35, elke jaar R50,000 in ’n uittree-nnuïteit te belê. Sy sal dus in totaal R500,000 belê en ’n stewige belastingvoordeel geniet. Indien sy ’n netto beleggingsgroei van 7% per jaar verdien, sal sy op ouderdom 65, ’n neseier van R6,020,700 opgebou het.

Stel uit – Sandra kies om die belegging uit te stel tot sy 35 is en dan belê sy R50,000 per jaar tot sy 65 oud is. Sy sal dan R1,500,000 oor die tydperk belê, en natuurlik ook die belastingvoordele geniet. Sou die netto beleggingsgroei weer 7% per jaar wees, sal sy op ouderdom 65, R5,407,410 in haar beleggingsrekening hê. Dit is ‘n verskil van byna R600,000 aan die einde en R1 miljoen verskil in haar beleggingsbydraes! Jy staan dalk net soos Sandra voor die keuse om te belê of te spandeer. Jy kan kies om nie te beplan nie en dalk jou hele lewe lank ‘n finansiële stryd voer. Of jy kan die wyse weg kies deur pro-aktief op te tree en welvaart vir ‘n sorgvrye en finansieel onafhanklike toekoms te skep. Die keuse is joune.