Episode 1 Spaar en Belê

Die slim vrou se gids om ‘n spaar- en beleggingsportefeulje te begin om haar drome te bewaarheid. Wêreldwye navorsing toon dat vroue heelwat minder finansiële kennis en vaardigheid as mans het. Ons wil met hierdie reeks vroue bemagtig om hulself finansieel te bemagtig.

Slegs 14.5% van die Suid-Afrikaanse bruto nasionale produk (finansiële omset van produksie in die land) word vir spaar doeleindes aangewend. Van die swakste in die wêreld!

Inhoud

Hierdie week kuier Jý Geld se sjarmante aanbieder, Lynelle Kenned saam met vriendinne en hulle toets mekaar se kennis oor hul finansies.

Lynelle gesels ook met Nerina Visser oor die verskil tussen spaar en belê én loods ‘n kompetisie waar jy ‘n belegging ter waarde van R10 000 van Ecsponent kan wen.

Kyk saam en leer saam met Lynelle meer oor die verskil tussen spaar en belê, en ook hoe om kort- en langtermyn groei en jou doelwitte finansiële doelwitte te balanseer.

Spaar oor die korttermyn vir ‘n spesifieke aankoop, maar belê langtermyn vir ‘n groter doelwit.

Hulpmiddels, gidse en inligting om af te laai

Die Ecsponent woordeboek Episode 1

Retirement Annuity (RA)
Uittree-annuïteit
‘n Uittree-annuïteit is ‘n langtermyn spaarplan wat die belegger in staat stel om kapitaal bymekaar te maak om na aftrede te gebruik.

Unit trust
Effektetrust
‘n Effektetrust ‘n portefeulje aandele wat bestuur word en waarin klein beleggers eenhede kan koop.

Mutual funds
Onderlinge fondse
Onderlinge fondse is ‘n beleggingsprogram wat deur aandeelhouers befonds word wat in verskeie besighede handel en professioneel bestuur word.

Preference shares
Voorkeuraandele
Voorkeuraandele laat ‘n belegger toe om ‘n belang by die uitreikingsmaatskappy te besit met die voorwaarde dat wanneer die maatskappy besluit om dividende te betaal, die houers van die voorkeuraandele die eerste sal wees wat betaal sal word.

Compound interest
Saamgestelde rente
Saamgestelde rente word bereken op die gekombineerde totaal van die oorspronklike belegging en die rente wat dit reeds gekry het.

 

Voorskou van episode 1

 

Animasie