Episode 2 Maak skoon en maak weg

Maak skoon en maak weg. Het jy geweet? 20% meer mense het in 2017 aansoek gedoen om skuldberading – hoofsaaklik in die 18 – 35 jaar ouderdomsgroep.

20% meer mense het in 2017 aansoek gedoen om skuldberading

Inhoud

Ons gesels in episode twee oor skuld en hoe dit jou toekoms kan kniehalter. Waar begin mens en hoe raak jy daarvan ontslae? Het jy meer as een klererekening, ‘n oortrokke tjekrekening en ‘n kredietkaart of twee wat tot die maksimum gebruik is? Ons help jou om realisties na jou skuld te kyk en hoe om te begin plan maak om daarvan onslae te raak. Ons hoor van finansiële slaggate en gesels ook oor goeie teenoor slegte skuld.

Hulpmiddels, gidse en inligting om af te laai

Die Ecsponent woordeboek Episode 2: Skuld

NCR – National Credit Regulator
NKR – Nasionale Kredietreguleerder
Die NKR is verantwoordelik vir die regulering van die Suid-Afrikaanse kredietbedryf. Die doel daarvan is opvoeding, navorsing, beleidsontwikkeling, en om registrasie van bedryfsdeelnemers te doen, klagtes te ondersoek en te verseker dat die Wet nagekom word.

Debt counselling
Skuldberadering
Skuldberading is die proses waardeur ‘n skuldenaar gehelp word om sy skuld te herstruktureer en te verminder.

Credit Bureau
Kredietburo
ʼn Kredietburo is ‘n agentskap wat individuele kredietinligting ondersoek en versamel en dit vir ‘n fooi aan krediteure verkoop, sodat hulle ‘n besluit kan neem om lenings toe te staan.

Credit Ombud
Kredietombud
Die Kantoor van die Krediet Ombud hoor klagtes van verbruikers en besighede aan wat negatief beïnvloed word deur kredietburo-inligting of tree in wanneer ‘n verbruiker ‘n geskil met ‘n kredietverskaffer het.

Voorskou van episode 2

 

Animasie