Episode 6 Kinders en jou begroting

En nou is ons drie… As kinders met prysetikette gekom het sou die groot ooievaar heelwat minder aflewerings gedoen het. Dit kos rofweg R90 000 per jaar om ‘n kind in Suid Afrika groot te maak, en die bedrag styg natuurlik jaarliks met inflasie. Dit kom neer op nie minder nie as R250 per dag, of R7 500 per maand!
Kom ons kyk na die koste en ‘n plan om dit te finansier…

Dit kos rofweg R90 000 per jaar om ‘n kind in Suid Afrika groot te maak…

Inhoud

Ons gesels oor die impak van kinders op jou begroting – van jy besluit om swanger te raak, ekstra uitgawes tydens die bevalling, bestedingsbeplanning terwyl jy met kraamverlof is en hoe jy jou spaar- en belegginspakkette moet aanpas om voorsiening te maak vir toekomstige skool- en universiteitsgeld. Ons bespreek ook die kostes van in-vitro bevrugting en stamsel bewaring.

Hulpmiddels, gidse en inligting om af te laai

Die Ecsponent woordeboek Episode 6: Kinders en jou begroting

Umbilical cord stem cell storage
Naelstringstamselstoring
Naelstringbloed is die bloed wat in ‘n baba se naelstring en plasenta bly, onmiddellik nadat die baba gebore is en die naelstring geklem en gesny is. Naelstringbloed is ‘n besondere ryk bron van stamselle, wat die vermoë het om organe, bloed en die immuunstelsel te skep en te genees. Maatskappye stoor naelstringstamselle van babas vir moontlike latere gebruik.

Study policy
Studiepolis
‘n Studiepolis is ‘n manier van spaar waar ‘n versekeringspolis uitgeneem word en uitbetaal as geld vir skool of studie benodig word.

Unit trusts
Effektetrusts
‘n Effektetrust ‘n portefeulje aandele wat bestuur word en waarin klein beleggers eenhede kan koop.

Preference shares
Voorkeuraandele
Voorkeuraandele laat ‘n belegger toe om ‘n belang by die uitreikingsmaatskappy te besit met die voorwaarde dat wanneer die maatskappy besluit om dividende te betaal, die houers van die voorkeuraandele die eerste sal wees wat betaal sal word.

 

Voorskou van episode 6

 

Animasie