Episode 7 Egskeiding. Dink finansieel, nie emosioneel nie

Op jou eie pad… Geen paartjie beplan om te skei die dag wat hulle die pad na die kansel afstap nie, maar dit gebeur met tot een uit drie huwelike. Wat doen jy nou? Hoe verdeel julle die gesamentlik boedel? Wie word verantwoordelik vir watter skuld? Wat van onderhoud vir jou en die kinders?

 

2014 se egskeidingstatistieke het op 24 689 gestaan en aangedui dat meer as 50% van egskeidings deur vroue geïnisieer word.

 

Inhoud

Ons gesels in episode 7 met twee kenners oor hoe ‘n geskeide vrou haar begroting en beleggingsportefeulje moet hersien en aanpas na gelang van haar individuele vermoëns en behoeftes, sonder om haar aftrede in die gedrang te bring.

Hulpmiddels, gidse en inligting om af te laai

Die Ecsponent woordeboek Episode 7: Op jou eie pad

Capital Gains Tax
Kapitaalwinsbelasting
Kapitaalwinsbelasting (KWB) is nie ‘n afsonderlike belasting nie maar vorm deel van inkomstebelasting. ‘n Kapitaalwins ontstaan wanneer ‘n persoon na Oktober 2001 oor ‘n bate beskik waarvan die opbrengs die basiskoste oorskry. Kapitaalwins word belas teen ‘n laer effektiewe belastingkoers as gewone inkomste.

Maintenance Court
Onderhoudshof
Die onderhoudshof is in die landdroshof geleë en waarheen ‘n ouer na egskeing kan gaan om onderhoud van die ander ouer te eis.

Divorce settlement
Skikkingsooreenkoms
Die doel van ʼn skikkingsooreenkoms is om tydens egskeiding ooreen te kom oor kinderondersteuning, onderhoud en die verdeling van eiendom.
 

Voorskou van episode 7

 

Jý Geld Episode 7 Mediasie vs Arbitrasie

 

Jý Geld Episode 7 Egskeiding – dink finansieel, nie emosioneel