Episode 8 Jou eie besigheid

Volstoom die toekoms in. In ‘n onlangse opname onder 1500 entrepreneurs, het 85% aangedui dat hulle self kapitaal moes bymekaar kry om hul onderneming te begin. Hoe kry mens genoeg geld bymekaar?

Hoeveel geld het jy nodig om jouself te dra tot jou besig op die been is en begin geld verdien?

Inhoud

Groei daar al ‘n ruk lank ‘n saadjie in jou om jou eie ding op die been te begin? Ons gesels met ‘n entrepreneur om ons meer te vertel van hoe om jou uittrede uit ‘n vaste betrekking te beplan. Hoeveel geld het jy nodig om jouself te dra tot jou besig op die been is en begin geld verdien? Hoe beplan jy vir onvoorsiene uitgawes? Hoe pas jy jou versekering, spaar- en belegginsplanne aan? En hoe belê jy jou winste uit jou nuwe besigheid? Ons gesels ook met vryskutwerkers en die probleme wat hulle in die gesig staar – hoe kry jy krediet as jy nie ‘n betaalstrokie het nie?

Hulpmiddels, gidse en inligting om af te laai

Die Ecsponent woordeboek Episode 8: Jou eie besigheid

Freelance
Vryskut
Vryskutwerk is as ʼn persoon selfstandig werk en gehuur word om vir verskillende maatskappye spesifieke werksopdragte teen betaling te doen.

Value added tax
Belasting op toegevoegde waarde
Belasting op toegevoegde waarde (BTW) is ‘n tipe verbruiksbelasting wat op ‘n produk by die finale verkoop daarvan bygevoeg word.

Income protection insurance
Inkomstebeskermingsversekering
Inkomstebeskermingsversekering is ‘n versekeringspolis wat voordele betaal aan polishouers wat ongeskik is en dus nie as gevolg van siekte of ongeluk kan werk nie.

Asset manager
Batebestuurder
‘n Batebestuurder is iemand wat namens kliënte bates soos aandele, effekte ensomeer verhandel en belê, sodat hulle hul beleggingsdoelwitte kan bereik.

 

Voorskou van episode 8

Jý Geld Episode 8 Mentor

Jý Geld Episode 8 Inkomstebeskermer

Jý Geld Episode 8 Jou eie besigheid animasie